Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Jauni M se debuut-album gaan nie teleur stel

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Natasha Bouma

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie genres in die musiekbedryf. Met haar debuut-album, Niemand Anders, bewys Jauni M nie net dat haar talent nie gebonde is tot ’n spesifieke styl nie, maar maak sy ook seker dat die Suid-Afrikaanse publiek nie sommer gou van haar sal vergeet nie.

LEES OOK: Jauni M se eerste enkelsnit kry musiekvideo

Haar eerste solo-album, wat grotendeels oor liefde en die verskillende keuses wat daar rondom gemaak moet word gaan, het ’n volwasse kontemporêre klank en is die resultaat van vyf jaar se harde werk. Dit spog met twaalf snitte, wat die kunstenaar hoofsaaklik saam met Zanda Traut, Deon Meiring en Emil Struwig geskryf het, wat wissel tussen opgewekte lekkerluisterdeuntjies en dieper hartsmusiek. “Hierdie kontemporêre album het iets vir almal, van Pop tot Country en selfs ’n bietjie Rock. My man, die lewe, keuses, mense en die liefde het alles bygedra tot die inspirasie vir my musiek,” vertel sy. “Dit is nie sommer net ’n gewone Afrikaanse popalbum nie, maar my storie in musiek. Al die liedjies het emosionele diepte en ’n spesiale betekenis. Dis eerlik en gaan oor regte dinge wat in my of iemand wat ek ken se lewe gebeur het.”

Sonder Jou, ’n duet saam met Glaskas se Deon Meiring wat reeds speeltyd op die radio gekry het, sal ook op dié CD beskikbaar wees, asook die duet Kyk Weg (Kyk Vir My) saam met die musikant Neil Theunissen. “Die album is deur Sean Manley van Manley Recording Studios in Garsfontein opgeneem. Ons werk vreeslik lekker as ’n span en hulle het saam met my die pad gestap en help vorm aan die eindproduk en wat dit nou tans is,” deel sy.

Alhoewel sy nie regtig gunstelinge wil uitsonder nie, sê die sangeres dat Sterre en Keuses haar baie na aan die hart lê omdat dit baie van haar eie lewe deel.“Dis gevul met emosie en gevoelens… hartseer en geluk. Dit is vir my baie belangrik om met lirieke ’n storie te vertel wat eg is. Die waarheid. Dis hoekom hierdie twee van my gunsteling-liedjies op die album is,” verduidelik die ster. Sy is ook ongelooflik trots op This Is It, wat uit haar eie pen kom en deur Jaco van den Berg getoonset is.

Die titelsnit, wat ook Jauni M se debuut-enkelsnit en -musiekvideo is, is ’n country-popsnit met ’n rock-ondertoon, wat haar stem soos ’n handskoen pas. Dié opgewekte treffer is geskryf deur Zanda Traut en Deon Meiring en is uit die staanspoor baie goed ontvang. Nie net het dit al op die treffersparades van verskeie radiostasies gepronk nie, maar die musiekvideo is ook tans op die kassie te sien.

Haar nuutste enkelsnit, Liefde Soos Dagbreek, is pas vrygestel en gaan oor die tipe liefde wat net een keer in ’n leeftyd aan jou deur kom klop en wat jy met beide hande moet aangryp. “Dit gaan oor ware, rare liefde. ’n Liefde so mooi soos dagbreek,” verklap die sangeres oor die tema agter haar nuutste vrystelling. “Geen dagbreek is natuurlik ooit dieselfde nie, maar wel mooi en uniek op sy eie manier.”

Hierdie Afrikaanse kontemporêre snit, uit die pen van Emil Struwig, is een van daardie liedjies wat jou hoendervleis gee wanneer jy dit vir die eerste keer hoor en sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme, omdat dit so ’n belangrike en universele onderwerp aanspreek. “Soos die dagbreek, verskil elke liefdesverhouding van mekaar, en is dit wat elke paartjie deel vir hulle spesiaal en kosbaar,” voeg sy by. Die liedjie is reeds deur verkeie radiostasies opgeraap en sy beplan om binnekort die musiekvideo met die land te deel.

Die video is in twee van die sangeres se gunsteling-Kaapse dorpies, Wildernis en Knysna, verfilm deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus en haar hare en grimering is deur Natasha Bouma gedoen, wat ook saam met Chomba Kasona verantwoordelik was vir die rokke wat Jauni in die video dra. Die natuurtonele in die video komplementeer die boodskap dat ware liefde so mooi is soos dagbreek.

Jauni M woon in Parys in die Vrystaat saam met haar man en dogtertjie. Haar liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en sy was van kleins af mal daaroor om haar huismense te vermaak met liedjies. Sy is ’n avontuurlustige mens, met ’n waaghalsige streek en voorliefde vir aktiwiteite wat haar hart vinniger laat klop. Die brunet is al vir tien jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om saam met groot name te werk, soos Ruhan du Toit van Touch of Class.

Wanneer sy nie sing nie, bestuur sy en ’n vriendin ’n winkel in Parys met die naam Fish2Feet. Sy het ook oor die jare al by verskeie groot feeste en funksies opgetree en die verhoog met talle bekendes, soos Kwaggabees en Roan Ash, gedeel.

Die sangeres het groot bewondering vir plaaslike sangers soos Riana Nel en Roan Ash en internasionale sterre soos Pink, Little Big Town en Sugarland. Brandi Carlile, Bryan Adams, Daughtry en Ward Thomas, met hulle country-rock-aanslag, het almal ’n invloed gehad op haar eie musiekstyl.

Hierdie nooi van die platteland droom daaroor om mense, regoor die land, met haar musiek te inspireer. Jauni M se eerste solo-album is ’n versameling van verskillende genres, wat sag is op die oor, en jou laat uitsien na ’n rustige kuier voor die kaggel of saam met vriende om die vuur. Haar unieke aanslag, veelsydigheid en strelende stem is die perfekte bestanddele vir ’n wenresep wat nog vir jare hierna gewild gaan wees.

Luister die album hier op Apple Music:

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.