Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Roan Ash maak opslae oorsee!

FOTO: Verskaf

Apple Music het die Pretoriase sanger en liedjieskrywer, Roan Ash, na die wêreld geneem.

Dié plaaslike ster se jongste enkelsnit Little Things is wêreldwyd uitgereik op Apple Music en hy het onlangs ook twee optredes by die CMA Musiekfees in Nashville, Tennessee op 8 Junie gedoen.

Benewens Roan se suksesvolle optredes het hy ook ’n kontrak met William Morris Endeavor (WME), een van die voorste vermaaklikheid agentskappe wat kunstenaars soos Bruno Mars, Adele, Drake en Usher verteenwoordig, gesluit.

Apple Music het Roan aan die wêreld bekendgestel toe hulle hom in die Country Wide-veldtog, wat Countrysterre buite die Verenigde State ’n ondersteunings platform gebied het, in te sluit. Sy enkelsnit If I Ever Saw Heaven is ook op Apple Music se grootste speellys, The A-List Country ingesluit.

LEES OOK: Plaaslike kunstenaar gekies vir wêreldwye veldtog van Apple Music

Sy sewe-snit kortspeler, Whiskey to My Soul, wat platinum verkope bereik het is vir ’n gesogte SAMA in die kategorie Best Adult Contempory Album beneom.

Met meer as 50 miljoen liedjies bied Apple Music ’n gratis drie maande proeflopie met geen advertensies. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad e nook beskikbaar in die Google Play-winkel vir Android gebruikers.