Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Dirk van der Westhuizen ‘stoom’ al die pad voort!

FOTO: Verskaf

Die Ghoema-benoemde, Dirk van der Westhuizen, stoom al die pad voort met sy splinternuwe album, Stoom, wat op 8 Junie eksklusief tydens vanjaar se Afrisaam Fees op Springs vrygestel word.

KLIK HIER VIR ALLES OOR DIE AFRISAAM FEES

En ja, bieg dié sexy sanger – dis ’n tipiese Dirk van der Westhuizen-album met ’n kombinasie van lekker hardcore EDM dansmusiek en kontemporêre dansmusiek en selfs een of twee mid-tempo ballades. Dis ’n elektroniese-pop-dans-album met hope energie en baie happy en baie inspirerende songs.

“Ek as kunstenaar hou daarvan om my limiet so ’n bietjie te druk. Om kanse te vat en anders te wees en sommer pret ook in die proses te hê. Die titelsnit en die musiekvideo daarvan sal ’n goeie aanduiding wees van wat verder van die album verwag kan word,” gesels Dirk oor die album wat ’n skryfpoging tussen hom, Ferdinand Skead en Johan Oberholzer is.

Dirk is van mening dat diegene wat na sy album luister moet vergeet van hul probleme en verduidelik: “Ek kry baie boodskappe van fans wat sê na ’n rowwe en stresvolle dag klim hulle in die kar en hulle luister my musiek en dit laat hulle goed voel en hulle sing al die pad huis toe saam. So vir my is dit belangrik dat mense ’n feel good gevoel binnekant hulle moet kry as hulle die musiek luister.”

Só lyk die album omslag:

’n Musiekvideo vir die titelsnit, Stoom, is ook in die pyplyn en as bonus vier video’s ná die album vrygestel is. “Ek gaan vier dans musiekvideo’s vir die album saam met die Tailormade Group dansers uitbring,” verklap Dirk.

Oor Stoom se musiekvideo kan Dirk nie uitgepraat raak nie en volgens hom gaan dié een next level wees. “Ek maak gebruik van die Tailormade Group se dansers wat meer intense danse doen. Tydens en na ons rehearsals was ek elke keer seer gewees want my lyf is nie gewoond om so te beweeg nie. Sonder om te veel weg te gee gaan die video oor ek wat probeer ontsnap uit donkerte die lig in. Dis die hele chase waar donkerte en negatiwiteit my jaag. Dis ’n baie apocalypse theme. Ek ontsnap uiteindelik uit al die donkerte uit in die lig in waar ek dan dans. Op ’n baie subtiele manier speel ek met die kyker om te wys dat mens die keuse kan maak om uit jou donker omstandighede die keuse kan maak om te baklei teen dit, te bid teen dit, op te staan teen dit en die lig te kies want God is lig en jy sal dan in lig wees ‘because darkness cannot comprehend the light.’ Dis nogsteeds ’n sexy en provocative musiekvideo en ek hoop die publiek gaan hom geniet,” gesels Dirk oor die video wat in Pretoria geskiet is.

“Ek eksperimenteer met hierdie musiekvideo met ander, nuwe mense (CinaStage Studios) en gebruik hulle vir ’n eerste keer net soos ek die Tailormade dansers ook vir die eerste keer gebruik vir ’n musiekvideo.”

Kyk die musiekvideo hier: