Katinka Die Kat deel haar gunstelingliedjies met ons!

FOTO: Verskaf

Mal oor Afrikaanse musiek? Natuurlik is jy! En daar is nou ’n nuwe TV-program net vir jou. In VIA (DStv-kanaal 147) se nuwe musiekprogram Klink soos naweek met JOOX deel plaaslike bekendes hulle 10 gunsteling- Afrikaanse liedjies met kykers. Dié program – wat in samewerking met die JOOX-app aangebied word – word aangebied deur die vlogger Katinka “Die Kat” Oosthuizen. Ons het met haar gesels oor haar nuutste rol voor die kameras en haar gunstelingliedjies.

In jou eie woorde, waaroor gaan Klink soos naweek met JOOX?

Klink soos naweek met JOOX is ’n geselprogram waar ek onderhoude voer met bekendes oor hulle top10- Afrikaanse liedjies. Dit is regtig cool, want ons speel speletjies en ek leer hulle baie beter ken op die show terwyl ons ’n lekker tyd het.

Hoe het jy by die program betrokke geraak?

Ek het ’n boodksap ontvang dat ek ’n oudisie vir die program moet doen. Ek neem toe ’n video van myself en stuur dit deur en voila! Nou is ek ernstig betrokke.

Watter episode was so ver jou gunsteling om te skiet?

My gunstelingepisode was saam met Jak de Priester. Ek het my doogelag vir hom. Hy is regtig snaaks.

Enige snaakse agter-die-skerms-stories wat jy met ons kan deel?

Daar is so baie, maar een wat ek kan onthou is toe ek saam met Loki Rotyhman ’n episode opgeneem het en terwyl hy kitaar speel, moes ek saamsing. Ek kon eenvoudig net nie toon hou nie!

Klink soos naweek met JOOX word in die Weiveld-kuierplek geskiet. Hoe is dit om te moet werk terwyl almal rondom jou jol?

Dit het definitief makliker geraak. Die grootste uitdaging is maar om jou glad nie te steur aan die mense rondom jou nie, want hulle maak jou lus vir saamkuier terwyl jy werk!

Wat is jou vyf gunstelingliedjies ooit?

The Lumineers – Sleep on the floor

Imagine Dragons – Next to me

Macklemore – Thrift Shop

Portugal. The Man – Feel it still

Rainbow Kitten Surprise – First Class

Wat is jou drie gunsteling- Afrikaanse liedjies?

Die Heuwels Fantasties – Klein Tambotieboom

Bok van Blerk – Koue voete en warm liefde

Dans dans Lisa – My eks(kuus)

Is daar enige liedjies wat jy vir die eerste keer op die TV-program gehoor het en nou baie van hou?

Daar is vir seker liedjies wat ek vir die eerste keer gehoor het soos Hannie se Bruce Lee. Dit het so ’n lekker beat! Maar ek het op die show besef hoe mooi Jan Blohm se liedjie Groen trui is. En ook Tarryn Lamb! En is nou een van haar grootste fans.

Hannie – Bruce Lee

Jan Blohm – Groen trui

Tarryn Lamb

Jy het behoorlik naam gemaak as ’n internetsensasie én jy was ’n deelnemer op Survivor SA. Waarvoor dink jy word jy die meeste herken?

Dankie! Ek dink dit hang af van die ouderdomsgroep. Jongerige meisies herken my van my internetvideo’s of YouTube-kanaal, maar ouer mense herken my van Survivor.

Wat is jou raad aan iemand wat ook ’n vlogger of Instafamous wil word?

Die belangrike ding is om ’n sterk vel te hê. ’n Mens moet regtig nie omgee wat mense van jou dink nie en dan net voluit gaan in wat ook al jy wil doen. Wees mal! Wees jouself, want mense is so life vir iets real. En bly konsekwent sodat jy ’n following kan opbou.

Voltooi dié sin: Vrydagaande is vir…

Vrydagaande is vir ’n glas rooiwyn, warm sokkies, en Klink soos naweek met JOOX op DStv-kanaal 147.

Hoe klink naweke vir jou?

Naweke klink vir my soos harde musiek en opvang en opvang met jou vriende.

Enige planne in die pyplyn vir 2019?

Ek het ’n lys doelwitte in my kantoor by die huis waar ek nog ’n paar goed wil bereik. Ek wil, byvoorbeeld, dié jaar nog op ’n voorblad van ’n tydskrif wees. En ek wil vir alles ja sê.

Nuwe episodes van Klink soos naweek met JOOX word elke Vrydagaand om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 22:00. En onthou: Jy kan weekliks ná elke episode die bekende gas se speellys op die JOOX-app stroom.