Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Atlantiseers vier Ghoema-benoeming met ’n nuwe enkelsnit

Redaksiespan23 Mei 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Adrio, die voorsanger van Atlantiseers. FOTO: Verskaf

Atlantiseers, die Afrikaanse Indie-groep van Johannesburg, het 2019 op ’n hoë noot afgeskop met ’n Ghoema-benoeming vir hulle debuutalbum, Verhoudingspolitiek. Dié album is in die kategorie Beste Alternatiewe Album benoem, ’n wonderlike deurbraak vir die nunwelinge.

Kort op die hakke van hierdie prestasie is hulle terug met ’n nuwe enkelsnit getiteld Ek Weet.

Sanger en liedjieskrywer Adrio van der Walt, Atlantiseers se voorman, sê dat Ek Weet oor die einde van ’n verhouding gaan. “Die hele album is gebou rondom die verloop van ’n enkele verhouding. Die album skop af aan die begin van ’n wonderlike nuwe liefde, en in Ek Weet tel ons die storie op in die eerste weke nadat die verhouding tot ’n einde kom. Ander snitte ondersoek weer verskillende  fases van die aanvaarding daarvan. Dit gaan van smeek en rou na bitterheid en woede, maar ná ’n lang proses is daar teen die einde aanvaarding, soos wat deur die laaste liedjie op die album weerspieël word,” verduidelik hy.

In Ek Weet, gaan die luisteraar saam met die protagonis deur een van die mees traumatiese oomblikke nadat ’n breakup: wanneer jy jou eks vir die eerste keer saam met hul nuwe geliefde sien. “Ek dink ons almal is al deur dit: jy stap verby ’n restaurant en daar sit jou eks, en lyk só gelukkig met die nuwe persoon in hul lewe,” sê Adrio.

Ek Weet vang die gekompliserde gemengde gevoelens van daardie oomblik vas. “Mens voel pyn, maar terselfdetyd wonder jy of jou ek’s beter af is by die nuwe persoon, of hulle dalk meer het om te bied, op watter vlak ook al. En tog is jy ook oortuig dat hulle nooit sal ervaar wat julle saam gehad het nie, en nooit kan namaak wat julle so besonders gemaak het nie,” voeg hy by.

Kyk die musiekvideo hier:

Verhoudingspolitiek is een van baie min Afrikaanse vrystellings is wat op hierdie genuanseerde manier oor verhoudings praat.  Populêre Afrikaanse liedjies is geneig om op die lekker kant van liefde te fokus, waar albei partye nog erg verlief is. Op hierdie album word die hele spektrum van ervaring aangespreek, en die verskillende fases van die einde van ’n verhouding behoorlik uitgepluis.

“Ons is baie trots op wat ons aangepak het, en weet dat baie mense daarby aanklank gaan vind. As jy al seergekry het deur ’n liefdesverhouding – en wie het nie!? – is Verhoudingspolitiek en Ek Weet net vir jou,” sluit hy af.

Ek Weet is nóú op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.