Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Bok en Hanna eersdaags ook op VIA te sien

FOTO’S: Verskaf

Bobby en Karlien van Jaarsveld is nie die enigste bekendes wat gesig wys op VIA (DStv-kanaal 147) nie – Bok van Blerk en sy ewebekende vrou, Hanna Grobler kry ook hul eie TV-programme.

Bok van Blerk is vanaf 10 Mei op dié Afrikaanse leefstylkanaal te sien in Land en strand. In dié program reis hy en sy vriend, die visvangmeester Mark de la Hey, na van die beste visvangbestemmings in suider-Afrika waar hulle lyne natmaak en waterlangs ’n visgereg voorberei. Vrydae om 17:30 met heruitsendings op Sondae om 19:30.

Die geliefde Hanna Grobler en ’n kennerspan help vanaf 13 Mei mense om oulike partytjies vir spesiale geleenthede te reël. Nuwe episodes van Makietie-makers wys Maandae om 17:30 met heruitsendings op Saterdae om 15:30.

LEES OOK: Bobby en Karlien stap weer ‘in jou skoene’