Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Bobby en Karlien stap weer ‘in jou skoene’

FOTO: Verskaf

Die langverwagte tweede seisoen van VIA (DStv-kanaal 147) se gewilde werklikheidsreeks Bobby en Karlien: In jou skoene skop in Mei uiteindelik af. Dié maand begin daar ook ses splinternuwe programme propvol bekende gesigte op die Afrikaanse leefstylkanaal.

In die eerste seisoen van Bobby en Karlien: In jou skoene wat in 2016 uitgesaai is, het die bekende broer-en-suster-duo hulle glansryke lewens agter gelaat om in elke episode vir 48 uur in die skoene te stap van mense wie se ervarings hemelbreed van hulle eie verskil.

“Elke episode het ons geweldig aangeraak,” sê Bobby van Jaarsveld. “Mense het hulle harte en hulle lewens oopgemaak vir ons.  Jy kan nie onveranderd bly nie. Dit het my oë oopgemaak vir so baie dinge.”

KLIK HIER EN HERLEEF SEISOEN EEN OP SHOWMAX

In die tweede seisoen wat Woensdag 8 Mei begin, sit Bobby en Karlien dié avontuur buite hulle gemaksones verder voort.

“Met seisoen twee, het ons mense ontmoet wat ten spyte van die grootste terugslae in hulle lewens, nogsteeds ’n lewe lewe wat ander inspireer,” deel Karlien van Jaarsveld.

“Daar is mense wat die ongelooflikste goed vermag. Gewone mense. Hulle is die ware helde onder ons. As mens kyk na wat mense op sosiale media van mekaar sê, dan wonder jy soms waar die goedhartigheid van mense heen is. Dis eers as jy jouself in iemand anders se skoene sit, wat jy waarlik insig kry. Met die verfilming van Bobby en Karlien: In jou skoene leer ek elke keer iets wat my eie lewe vervul. Hierdie reeks is sekerlik een van die hoogtepunte van my hele loopbaan.”  

Kyk hier na die lokprent van seisoen twee:

Nuwe episodes van Bobby en Karlien: In jou skoene word elke Woensdag om 20:30 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 20:30 en Maandae om 18:30.