Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Wen ’n reis na Kenia met DZL

FOTO: Verskaf

Die manne van die duo-sanggroep DZL het onlangs ’n nuwe projek van stapel gestuur, wat die kollig plaas op navorsing om die noordelike witrenoster van totale uitwissing, te red. Daar is tans net twee individue van hierdie spesie – twee koeie – in die wêreld oor na die afsterwe van die bul Sudan, in Maart 2018.

Om bewusmaking te skep vir hierdie baie belangrike navorsing het Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie hande gevat met wêreldbekende plaaslike veearts en reproduksiespesialis, Dr Morné de la Rey, wat baanbreker werk doen op die gebied van IVF (in vitro bevrugting) om spesifiek die noordelike witrenoster se voortbestaan te verseker.

“Ons is nou al ’n hele paar jaar by Dr Morné en sy projek, Rhino Repro, betrokke en het ook al self die Ol Pejeta Conservancy in Kenia besoek waar baie van sy werk gesentreer is. Ons was in 2017 daar toe die laaste noordelike witrenosterbul, Sudan, nog gelewe het en die feit dat daar op daardie stadium net drie van die spesie in die wêreld oor is het ons hard geslaan. Ons kon nie net stilsit nie en het lank aan ‘n projek gewerk om bewusmaking rondom hierdie belangrike navorsing te skep,” vertel Andries.

Die laaste twee noordelike witrenoster koeie, Najin en Fatu, is woonagtig in die Ol Pejeta Conservancy in Kenia. Tans werk navorsers op vier verskillende vastelande aan ’n oplossing om hierdie spesie van uitwissing te red. Beide van hierdie twee koeie is nie daartoe in staat om self bevrug te raak nie as gevolg van hulle verskeie reprodusktiewe redes – nou is hulle 29 en 18 jaar onderskeidelik oud en tyd is belangrik. In-vitro bevrugting, deur gebruik te maak van hulle eierselle en bevrore semen van verskeie NWR bulle en van Sudan en embrio’s te produseer. Die embrio’s sal dan in suidelike witrenosters ingeplant word. Hierdie poging is op hierdie stadium die mees logiese oplossing.

“Dr Morné het die eerste kloning in Afrika gedoen en ook die enigste proefbuisbuffelkalf in die wêreld geproduseer. Hy het ongelooflike geassisteerde reproduskie suksesse behaal in verskeie wildspesies soos buffels swartwitpense en blou wildebeeste om net ’n paar te noem. Hy poog nou om soortgelyke tegnieke te gebruik om Sudan se nageslag te verseker,” verduidelik Wiaan.

Maar wat behels DZL se nuwe projek? ’n Gelukkige wenner ’n kan reis saam met die twee manne na Ol Pejeta Conservancy in Kenia wen om die laaste twee noordelike witrenosters te besoek!

“Hierdie is die geleentheid van ’n leeftyd en as ons nie self betrokke was nie sou ons al eerste ingeskryf het. Die wenner wen dan ’n ten volle betaalde reis na Kenia saam met ons wat ongelooflik baie aktiwiteite insluit. Ons wat al daar was se harte brand om weer ons voete in Kenia te sit,” sê Andries.

Wat sluit die prys in?

Vlugte, akkommodasie, etes en aktiwiteite.

LET WEL: Alle aankope, drankies of aktiwiteite buite die wenprys is vir die wenner se eie rekening.


Suid-Afrika (2 dae)

  • Besoek aan Marathaba in Limpopo Provinsie saam met Dr Morné en DZL om ’n oorsig te kry van die IVF Navorsing om die noordelike witrenoster van uitswissing te red.

Kenia (9 – 16  Julie)
** saam DZL in OL PETJETA CONSERVANCY KENIA

  • Besoek aan Najin en Fatu (2 noordelike wit renosters) en Baraka (blinde swart renoster)
  • Besoek aan die teen-stroop eenheid
  • Sweetwaters Chimpanzee Sanctuary
  • Seekoei Uitstappie
  • Besoek aan Mount Kenia Animal Orphanage
  • Besoek die gemeenskapsprojekte
  • Piekniek by die dam
  • Piekniek op Sirima Hill
  • Wildritte en nagritte (besigtinging van die groot 5)
  • Sonsondergange en sundowners

Hoe skryf jy in?

Stuur ’n motoverings brief na bookings@dzlband.co.za en verduidelik waarom Dr Morné de la Rey se IVF spesialisveld belangrik is vir die voortbestaan van bedreigde spesies.


Die sluitingsdatum vir die inskrywings is 31 Mei 2019 en diegene wat inskryf moet ook tussen 7 – 16 Julie 2019 beskikbaar wees om die reis te onderneem.