Skitter soos dié sterre met klerekas.com

ADAM in klerekas.com-items. FOTO: Instagram

Of jy nou opsoek is na die fraaiste rokkie of die mooiste rooiste vellies – klerekas.com, die eerste Afrikaanse aanlynklerewinkel is nou tot almal se beskikking.

Dié opwindende nuwe medium om klere te koop is die breinkind van Rianca de Wet en Johan Jansen van Vuuren en bied uitgesoekte styl vir mans en dames. “Beide ek en Johan is baie lief vir klere en volg graag die nuutste modegiere. Ons spot altyd ons hou van ons geld waar ons dit kan sien, in ons klerekas! Die idee van klerekas.com het by ons opgekom terwyl ons tussen die Vrystaatse-vlaktes gereis het. Ons albei was lus vir ’n nuwe uitdaging en ’n maand later het klerekas.com sy deure oopgemaak vir ons eerste aanlynkliënte. ’n Klerekas is bedoel om vol klere te hang, daarom vat klerekas.com ook hande met plaaslike entrepreneurs wat dieselfde visie as ons het, naamlik: ‘Om noodsaaklike styl te skep wat aan die nodige kwaliteit en mode voldoen’,” vertel Rianca.  

Klerekas.com is ook verantwoordelik vir verskeie bekendes se klerekas onder andere Joshua na die Reën, Leon Gropp. ADAM en selfs die Binnelanders-akteur Germandt Geldenhuys.

Volgens Rianca trek hul graag diegene aan wat Afrikaans wil bevorder en Suid-Afrikaans is. “Ons doel is om Afrikaans op ’n stylvolle manier te bemark en vir alle Suid-Afrikaners die geleentheid te bied om te skree uiteindelik, styl nes ek wil!”

Die gewildste produkte in die aanlynwinkel is die vellies vir mans en dames, knopieshemde vir mans, damesklere en klei juwele.

Vra jy hul uit oor waar hul, hulself oor 10jaar sien, antwoord hul graag: “Oor 10 jaar sal ons graag onsself as suksesvolle, roepinggedrewe entrepreneurs wil beskou. Ons sien klerekas.com oor 10 jaar as Suid-Afrika se grootse aanlynklerewinkel.”

Spring dadelik oor na klerekas.com en klik op kontak ons of stuur ’n e-pos na posbus@klerekas.com. Wie weet, jy mag dalk nes die sterre skitter!