Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

ADAM se nuwe treffer kry ’n musiekvideo

Hugo Ludik in aksie. FOTO: Verskaf

Die gewilde groep, ADAM, wat onlangs genomineer is vir ’n Ghoema in die kategorie Beste album deur ’n duo of groep, het pas hulle musiekvideo van hulle nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, vrygestel.

LEES OOK: SA se mooistes inspireer ADAM se nuwe enkelsnit

Dié video is by Hugo Ludik se ateljee in Roodepoort, asook by Follicle Hair in Pretoria geskiet. RM Productions het die video geskiet en die konsep en regie is deur Kyle Grant self behartig.

“Die video is ’n kombinasie van die Adam-manne wat ’n prettige tyd het gedurende die opname van die lied en dan is daar ’n paar mooi dames wat rondspeel voor die kamera met balonne – dit is ’n viering van die pragtige meisies in Suid-Afrika. Samantha Leonard, van The Voice SA 2017, het ook ingeloer en hand bygesit met die regie,” vertel Kyle.

“Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere, het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor, moes wees dat daar iets in die water is,” voeg Hugo by.

Iets in die Water is beskikbaar op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is.

ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

Kyk die musiekvideo hier: