Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Klink dít soos naweek vir jou?

Is jy opsoek na ’n playlist vir jou Vrydagaand? Wel VIA – DStv-kanaal 147 – en JOOX het die perfekte een vir jou.

Een van die ses splinternuwe programme wat op dié leefstylkanaal begin is die musiekprogram Klink soos naweek met JOOX.

In elke episode van die reeks kuier die sosialemedia-ster, Katinka “Die Kat” Oosthuizen saam met ’n bekende gas by die gewilde Pretoria-kuierplek Weiveld. Kykers kan ook die bekendes beter leer ken deur na hul tien gunsteling- Afrikaanse musiekvideo’s te kyk.

Boonop word daar deur die top10-trefferparades wêreldwyd en op eie bodem geflits.

Klink soos naweek met JOOX skop Vrydag, 12 April om 20:30 af en nuwe episodes sal elke Vrydagaand om 20:30 uitgesaai word met ’n herhaling op Saterdagaand om 22:00.

Dié program word met trots geborg deur die musiekstroomapp JOOX.