Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Michael Blignaut se tweede musiekvideo is hier

FOTO: Willem Botha

Michael Blignaut se tweede enkelsnit, Hemelwater, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie inspirerende lied.

Dié lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner. Die musiekvideo is in Johannesburg geskiet en begin in ’n atteljee met fotorame sonder foto’s om die leegheid wat hy ervaar, te beskryf.

LEES OOK: Michael Blignaut se tweede snit is hier!

In die tweede helfde van die musiekvideo verskyn die aktrise Mila Guy, wat die persoon na wie hy so lank al soek, verteenwoordig. Hierdie gedeelte is in ’n park verfilm en Jacques “Jay” Loots van Fathom Media het die video geskiet en behartig.

Kyk die musiekvideo hier:

“Die kyker kan nou visueel die video gebruik as voorbeeld wat hy/sy al ervaar het in ’n soortgelyke situasie. Dit skep moed en gee hoop vir ’n wonderlike einde,” vertel Michael.

Hemelwater is nou beskikbaar op alle digitale platforms.