Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Entertainment & Event Factory trek ’n nuwe baadjie aan!

FOTO: Verskaf

Die een-stop vermaaklikheids en okkasie maatskappy, Entertainment & Event Factory, het onlangs ’n spoggerige nuwe voorkoms gekry.

Dié maatskappy wat sedert 1983 van die voorste kunstenaars en geleenthede onder hul vlerk het, bestaan uit twintig spanlede. Rex van Deventer, direkteur en stigter van Entertainment and Event Factory, het byna drie dekadesse ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf en bestuur van geleenthede.

Die span se diverse kennis sluit in ondervinding in opvoerings, stelontwerp, klank, beligting, gesondheid en veiligheid, sosiale media, kleinhandel, vermaak en sport – om maar net ’n paar te noem.

“Jou okkasie sal vanaf konsep na produksie gestuur word deur ’n bekroonde professionele span. Die sleutel tot die skep van blywende herinneringe, is om lewe te blaas in die algehele ondervinding. Vanaf décor tot die kunstenaars keuses en aktiwiteite, is ons trots om jou met volle vertroue te verseker dat die okkasie ’n 360 grade ondervinding aan jou gaste sal bied,” verduidelik Rex.

Van Entertainement & Event Factory se kliëtebasis sluit onder meer Coleske Artists, Afrikaans is Groot, Classics is Groot, Proe’toria, Die Hart van jou Besigheid, Jakaranda Kinderhuis se liggiefees en vele meer in.

’n Rits kunstenaars is ook beskikbaar vir bespreking onder andere Lianie May, Brendan Peyper, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw en vele meer.

Entertainment & Event Factory is ook die trotse stigterslid van LEEF Nou, Entertainment & Event Factory Wedding Planning, Star Zoo Factory, SEED, Mokifo, Jeugfabriek asook Threesome Kitchen.

Die bekwame span van Entertainment & Event Factory sal aan al jou behoeftes voldoen en elke uitdaging wat op hul pad mag kom, effektief hanteer. “Ons staan trots en is gereed om ongetwyfeld die beste diens aan jou te verskaf om die mees onvergeetlike geleentheid te skep met kosbare herinneringe om ’n leeftyd te bewaar,” sluit Rex af.

Só lyk die nuwe logo:

Kaartjies vir die spog bekendstelling – The Greatest Hairshow met Follicle Hair Atelier – op 10 April is reeds teen R150 per persoon beskikbaar. Klik hier om kaartjies aanlyn te koop.

Die geleentheid sal plaasvind by Weiveld in Pretoria.