Zita Pretorius ‘begin weer’ met ’n nuwe enkelsnit

FOTO: Verskaf

Sedert die sangeres Zita Pretorius die Afrikaanse musiekmark in 2011 betreë het, groei sy van krag tot krag. Zita spog met verskeie albums op haar kapstok en ook ’n hoop nominasies en toekennings. Sy is vars, oorspronklik en steeds verrassend.

Die lewe loop soms onverwags ’n draai en ’n mens moet van vooraf begin en vergeet van dit wat was. “Dis hard, dis seer, dis moeilik om van vooraf te probeer en soms leer jy jou duurste lesse wanneer mens dit die minste verwag. Almal moes al iewers in hulle lewe weer begin enkan vereenselwig met hierdie lied,” vertel Zita oor haar jongste enkelsnit Begin Weer.

Dié enkelsnit is deur Johan Oberholzer geskryf en deur Murray Lubbe vervaardig en dra die stempel van kontemporêre, klassieke varsheid.

Luister hier na ’n voorskou:

Die snit bied klank vernuwing in Afrikaanse musiek!

Begin Weer is klassiek-gepoetste met groot stryk-en orkesverwerkings deur Maestro Eddie Clayton. Dit is ’n reuse produksie waarby van die land se beste musikante betrokke was.