FOTO: Bru-nO – Pixabay
Dit is pas aangekondig dat musiek voortan nie meer op CD’s uitgereik sal word nie, maar slegs op digitale musiekplatforms.
Diegene wat musiek wil aankoop in die toekoms sal dus gebruik moet maak van Apple Music, JOOX, Spotify of Deezer om musiek te luister en of te koop.
Die besluit om musiek só vry te stel is die logiese volgende stap met die digitale-era wat ons betree.
Geen van die platemaatskappy met wie ons kontak gemaak het wou kommentaar oor dié situasie lewer nie.
LET WEL: Hierdie artikel is fopnuus en is net geskryf om jóú te flous – gelukkige gekkedag!