FOTO: Verskaf
Toe Elandré oornag in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte geklim het, kon ’n mens nie anders, as om verlief te raak op sy unieke stem, musiekstyl en voorkoms nie.
Dit is dus glad nie ’n verrassing dat sy debuut-album Kleindorp-Dromer spoedig goue status bereik het en steeds op digitale platforms se ranglyste pronk nie.
Sy tweede ateljee-album Boomhuis beloof om die jong sanger en liedjieskrywer na nuwe en hoër hoogtes te neem. Hierdie album is ’n persoonlike uitnodiging om hom te vergesel in sy ‘boomhuis’, die plek waar jy jouself kan wees en uitbeeld in vryheid.
Die album is volgepak met treffers en die eerste enkelsnit Vuur op die water beloof om een van die grootste Afrikaanse treffers van 2019 te wees. Die enkelsnit, uit die pen van Elandré self en Neil Schoombee, komplimenteer nie net sy unieke styl, maar gaan ook ’n vars en aangename verrassing na die musiekwêreld bring.
Luister hier na ’n voorskou:
Vuur op die water is nóú op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.