Reborne se nuwe enkelsnit is hier!

FOTO: Verskaf

Reborne het onlangs die vrystelling van hul nuwe enkelsnit, Swerwer, bekend gemaak.

Dié liedjie is verlede jaar in Augustus geskryf deur Chinel Sauren en Dawie Uys, twee van die lede in die groep, en in Januarie vanjaar opgeneem.

“Die enkelsnit is ’n Afrikaanse lied wat ’n diep betekenis het. Dit handel oor ’n persoon wat voel dat daar geen doel aan die lewe is of iets om na te streef nie,” vertel Dawie.

“Die persoon gaan swaar deur die lewe en probeer sy of haar pyn van die wêreld af wegsteek, min weetend dat hoe

meer ’n mens die seer probeer inhou, hoe meer kry mens self seer. Soos die lied aangaan roep die persoon uit na iemand om sy of haar hand en hart te vat met alles daarin en so raak die lewe makliker om aan te pak.”

Luister hier na ’n voorskou:

Dis ’n lied waarmee almal sal kan identifiseer, en so besef mens dat jy nie alleen is nie.

Swerwer is nóú op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.