Hanco tref die musiekmark met ’n indrukwekkende kortspeler

FOTO: Verskaf

Die 20-jarige sanger en liedjieskrywer, Hanco, waai soos ’n vars briesie deur die Afrikaanse musiekmark met sy eerste sewe-snit kortspeler.

Hanco, wat van Tzaneen in Limpopo afkomstig is, woon tans in Pretoria. Sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die handeklap van ’n gehoor sal hom altyd bybly.

LEES OOK: Negentienjarige Hanco sing oor ‘eie lewenservarings’

Hy het vir vier jaar sang lesse by Rocking Voices geneem en is nou ’n finale jaar student aan die SAMI (South African Music Institute) waar hy in komposisie, klavier en teorie spesialiseer. Hanco hou daarvan om sy eie liedjies te skryf en het hoeka van die musiek op sy kortspeler, Hou Vas, geskyf.

Sloan en Ziggy het die kortspeler vervaardig.

Hou Vas gaan vir my oor ’n groot verskeindenheid betekenisse. Dit is vir my aanmoediging… Dit gaan vir my oor om aan daardie een droom vas te hou, om aan daai een persoon vas te hou,” vertel Hanco.

“Die kortspeler sou nie gebeur sonder almal wat agter my gestaan het nie. Daar is ongeloolik baie komponente en mense wat gewerk het aan my loopbaan en om my droom te verwesenlik. Dankie aan almal wat die kortspeler en my ondersteun.”

Hanco se kortspeler, Hou Vas, word deur David Gresham Records uitgegee en is nóú op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.

Luister dit hier op Apple Music: