Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

SAARKIE kies koers na ‘Suidwes-Afrika’

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Die immers gewilde rock-groep, SAARKIE, het pas hulle nuwe enkelsnit, Suidwes-Afrika vrygestel. Hierdie treffer volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystellings, Vir Altyd en Langpad, wat vir weke op trefferparades landswyd gepronk het.

“Ons avonture gee vir ons inspirasie vir ons liedjies – ons het die Visrivier Canyon in Namibië gaan stap wat 90km in totaal is. Meer as die helfte van die groep het verdwaal en vir 3 dae weggeraak sonder kos of water! Hulle is uiteindelik gevind en dit was baie traumaties vir almal,” vertel Lila, die drommer van die groep.  

Die lied is geskryf deur Adèle Fouché, Lila Botha en voormalige lid, Erika Pretorius.

“Die lied sal altyd vir ons spesiaal bly omdat dit ’n lewenservaring was wat ons altyd sal onthou. Die Canyon is ongelooflik mooi en ons het die staptoer vreeslik geniet.  Toe ons vriende nie by die eindpunt aangekom het teen sonsonder nie, het ons geweet iets is verkeerd. Baie mense het gehelp soek na hulle en ons was so bly toe almal veilig terug is. Die liedjie is spesiaal want dit was hoe ons gevoel het op daardie oomblik toe almal na hulle gesoek het,” voeg Lila by.

Luister hier na ’n voorskou:

SAARKIE bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondstem) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondstem, en mede-liedjieskrywer) en vier vanjaar hulle tiende bestaansjaar. Hulle word beskou as een van die mees suksesvolle rockgroepe in die land.

Die Saarkies het bekendheid verwerf vir hulle energieke elektries-akoestiese styl en is oor die jare vir verskeie Ghoema- en SAMA-musiektoekennings benoem en het in 2018 weggestap met ’n Ghoema vir Beste Rock-Album vir hulle album Queen van die Toorbos waarvan Suidwes-Afrika nou die derde enkelsnit is wat vrygestel word.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.