F staan vir Francois én Foto’s van jou

FOTO: Verskaf

Die radio-omroeper, vryskut akteur en televisie-aanbieder, Francois van Rensburg, se splinternuwe enkelsnit, Foto’s van jou, is onlangs uitgereik.

Dié liedjie, uit Francois se eie pen, gaan oor geliefdes wat as gevolg van werk of ander redes vir tyd en wyl van mekaar verwyder word. “Die stad se ligte roep en al wat oorbly is herinneringe van saamwees en foto’s om aan vas te klou,” vertel Francois.

Luister hier na ’n voorskou:

Rian Swanepoel, Wouter van de Venter en Andrew Roos het die liedjie vervaardig en Rogan Kelsey het dit gemeester.

Musiek is een van Francois se groot passies en hy verwoord dikwels wat hy op die hart het in die vorm van musiek en liriek.

Foto’s van jou is nóú op digitale platforms beskikbaar.