‘Die Avontuur’ op video vasgevang

FOTO: Verskaf

Douvoordag (Ilse en Jattie de Beer) se tweede enkelsnit getiteld, Die Avontuur, is gedurende die laaste week van Januarie 2019 vrygestel en kan reeds op meer as veertig radiostasies landwyd gehoor word.  

Dié treffende liedjie het ook blitsvinnig die ranglys van OFM se Top 10@10 betree en spog tans in die nommer vier posisie op dié gesogte trefferparade.

LEES OOK: Douvoordag stel nuwe enkelsnit bekend

Die musiekvideo, wat geskiet is by Loft at Nine in Pretoria en verskeie ander plekke soos relevant tot die storie, is vervaardig deur Ian Nieuwenhuizen en sy span van White Motion Films.  

Die Avontuur nooi luisteraars om op te hou wag vir ‘n beter lewe en die kanse te vat en dinge te doen waaroor jy nog altyd droom,” sê Jattie de Beer.

Die konsep van die video is dus juis gebou rondom ’n dogtertjie wat die televisie aansit en haar lewe daar sien uitspeel. Sy sien al die spesiale oomblikke wat sommige as gewoon sal beskou, maar dit is juis hierdie oomblikke wat die kern van ‘die avontuur’ van haar lewe vervat.  

Wanneer die video tot ’n einde kom fokus dit weer op die dogtertjie, maar nou is sy ’n ouer vrou en jy besef dat sy teruggekyk het op haar lewe en  besef sy het gelewe. Dit laat die gedagte en besef ontstaan dat ons almal eendag in ons oudag gaan terugkyk na die lewens wat ons geleef het. Gaan ons hou van wat ons sien? Was daar vrees, ’n gejaag na wind en spyt? Of was daar liefde, hoop en betekenis?

Kyk die video hier:  

Die Avontuur is op digitale platforms en by alle goeie musiekwinkels beskikbaar.