Dewald van Rooyen wil ‘voor groot skares sing’

FOTO: Verskaf

Dewald van Rooyen is gebore in Newcastle in KwaZulu-Natal en op die ouderdom van een het hul verhuis na die Mpumalanga-dorpie, Kriel, waar hy tot vandag toe woon.

Dewald se passie vir musiek het reeds van ’n vroeë ouderdom ontstaan. Op skool het hy orrel en klavier gespeel en gereeld in die huis loop en sing.

In 2013 het hy sy buiging op ’n verhoog gemaak en die gogga het dadelik gebyt. In 2015 het hy sy eerste enkelsnit, In front of me opgeneem. Die liedjie is geskryf deur Peter Chenyne van Elf Have Productions.

Nou is Dewald terug met ’n Afrikaanse snit. Dié liedjie wat Vanaand is jy myne heet is geskryf deur Edna Cane Swanepoel van Mecs Publishing en opgeneem deur EML Studio. Die musiekvideo wat deur Louis Swart van Do It Like It’s Legal Productions opgeneem en vervaardig is, sal op 26 Januarie die lig sien.

Luister hier na ’n voorskou:

“My droom is om my eie oorspronklike album op te neem en eendag voor groot skares te kan optree! Met die talent wat die Here my gegee het en mense wat Hy oor my pad stuur, glo ek dat drome kan waar word,” vertel Dewald.