FOTO: Verskaf
Op Sondag, 24 Februarie gaan van ons land se grootste Country-supersterre in Pretoria byeenkom vir ’n Country-skouspel soos min.
KLIK HIER EN VOEG DIE GEBEURTENIS BY JOU DAGBOEK
Juanita du Plessis, Manie Jackson en Ray Dylan sal aansluit by die Country Legends – Lance James (Big Daddy), Barbara Ray (Queen of Country), Clive Bruce (Midnight Cowboy), Jody Wayne (Little Jo), Tommy Dell (The Killer), Sally Vaughn (Mama Country).
Lance James oftewel Big Daddy is ’n multi-toekenning wenner en het agt leeftydprestasie-toekennings op sy CV. Sy radioprogram, Keep it Country, is vir meer as 42 jaar op 30 radiostasies landwyd en aanlyn uitgesaai. Van sy immergewilde treffers sluit in Dankie, Vicki en Ahoy Madagaskar. Hy spog met onder meer ’n Sarie, SAMA en MTN Radio-toekenning en is op Huisgenoot Skouspel vereer. Hy’s verder in die MTN Hall of Fame opgeneem.
Barbara Ray, wat bekend is as die Queen of Country, het meer as 22 goue en platinum albums op haar kerfstok. I don’t wanna play House, Down the Mississippi en Whose gonna tie my shoes is van haar gootste treffers. Sy het ook al leeftydprestasie-toekennings van Huisgenoot Skouspel en IFM ontvang.
Sally Vaugh, bekend as Mama Country, het Suid-Afrika twee keer in die VSA verteenwoordig met haar treffer Glorry, Glorry, Hallelujah, wat aan haar ’n staande ovasie besorg het. Sally het verskeie leeftydprestasie-toekennings oor die jare ontvang, onder andere van Lefra en IFM.
Clive Bruce is veral bekend as die Midnight Cowboy en is die aanbieder van Sing Country en Rewind op TV4. Hy spog met verskeie toekennings en ’n platinum-toekenning vir album verkope.Van sy treffers sluit in One Last Kiss, Red River Rosie en Seven Spanish Angels.
Jody Wayne oftewel Little Jo is ’n vervaardiger, liedjieskrywer en vermaakster. Hy het sy eie TV-program, Little Jo & Travelers in Rhodesia aangebied en saam met sterre soos Chet Adkins, Floyd Cramer en Jim Reeves getoer. Jody het meer as 47 goue en platinum toekennings vir album verkope op sy kerfstok. Patches, The Wedding en 16 Candles is van sy groot treffers.
Tommy Dell is veral bekend as The Killer en het Suid-Afrika in die 80’s in Nashville in die VSA verteenwoordig. Hy spog met verskeie goue en platinum albums en is bekend vir sy onblusbare verhoog persoonlikheid. Hy bied tans die middagprogram op Radio Disa aan. Sy treffers sluit in Teddy Bear, The Gambler en Blueberry Hill.
Hierdie ses Country sterre vier elk meer as 42 jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Die Rodeo Girls, wat bekend is vir hul lyndans, sal ook op die verhoog te sien wees. Hulle spog met goud tydens ’n besoek aan die VSA. Hulle spoggerige uitrustings sorg vir ’n onvergeetlike vertoning.
Kaartjies vir die Country Legends Spectacular, wat op Sondag, 24 Februarie in die Sun Arena in Pretoria aangebied word, is nóú by Computicket te koop. Klik hier om joune aanlyn te kry.