Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Meer as ’n Melodie-konsert ’n eerste vir die ‘kaalvoetkinners’

FOTO’S: Willem Botha

Ses jaar gelede het die klanke van die treffer Kaalvoetkind weerklink oor die radiogolwe van Suid-Afrika. Onmiddellik was die vraag daar om die ‘kaalvoetkinners’ in aksie te sien en die navrae het ingestroom.

Na meer as 50 eksklusiewe konserte en 50 000 konsertgangers het die koningin van Afrikaanse musiek, Juanita du Plessis en haar twee spruite, Franja du Plessis en Ruan Josh besluit dis tyd vir iets groots.

Juanita het as kunstenaar al meer as 30 albums en DVD’s uitgereik met ’n groot totaal van 2 600 000 eenhede verkoop – die meeste deur enige vrou in die geskiedenis van Suid-Afrika. Meer as 80 toptien treffers en meer as 3000 konserte.

Franja du Plessis lyk dalk baie soos haar ma, maar aan uniekheid en talent is daar geen tekort nie. Sy het pas haar tweede album uitgereik en is tot dusver die eerste vroulike kunstenaar wat op debuut goud verkoop en aangewys is as vroulike kunstenaar van die jaar by 2017 se Ghoema-musiektoekennings.

Ruan Josh is die enigste doring tussen die rose. Hyself het al sy debuutalbum uitgereik en pronk reeds met vier nommer 1’s op Suid-Afrikaanse radiostasies. Hy is ook te sien as die aanbieder van die SABC 2-reeks, Klein Begin.

Hulle eerste album saam met die titel Kaalvoetkinners het binne slegs drie weke goue status behaal.

Op 30 Maart 2019 kan aanhangers uitsien na die eerste volwaardige produksie deur hierdie hegte singende familie byname Meer as ’n Melodie. Dit beloof om ’n reis deur hul liefde vir musiek te wees met hope treffers en verseker ’n hele rits items met hulle al drie op die verhoog.

Kaartjies vir dié vertoning wat by Carnival City plaasvind is nóú by iTickets te koop.