Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Mari Bosman soek ’n ‘man soos haar pa’

FOTO: Verskaf

Die donkerkop-sangeres, Mari Bosman, is terug met ’n nuwe enkelsnit, Man soos my Pa – ’n ballade met baie trefkrag.

Dié liedjie wat deur Mari self geskryf is, is ’n liedjie wat persoolik vir haar die mooste eienskap in ’n man weerspieël. “Dit is ’n liedjie wat baie goed opsom wat ek eendag in ’n lewensmaat soek. Die uiterlike verander soos ons ouer word, maar die innerlike bly,” vertel die sangeres.

Volgens Mari dra sy ook die liedjie aan haar eie pa, wat haar grootste rolmodel is, op. “Die liedjie is ook baie gepas so oor Kerstyd omdat families bymekaar kom en mekaar vier,” gesels sy verder.

Mari het vroeër vanjaar, net voor Vadersdag, die liedjie akoesties op sosiale media gedeel en binne ’n paar dae het die video meer as 20 000 mense gelok. Die reaksie hierop was so goed dat sy besluit het om die liedjie in die studio op te neem. Sy het onlangs die verwerkte weergawe eksklusief op RSG vrygestel.

Luister hier na ’n voorskou:

Mari is reeds twaalf jaar in die musiekbedryf doenig, en sê om ’n verhoog met van Suid- Afrika se top kunstenaars te deel, een van haar hoogtepunte is sover.

Sy put gereeld inspirasie uit plaaslike kunstenaars en liedjieskrywers soos Valiant Swart, Jan Blohm, Karen Zoid en Elvis Blue. “Elvis se energie op die verhoog en die manier hoe sy lierieke en melodieë mense raak is iets besonders. Omdat ons genre baie dieselfde is, is dit waarna ek streef,” vertel sy. Nog een van haar gunsteling liedjieskrywers is Christoph Kotze, beter bekend as APPEL.

Waarna luister sy graag? “Ek is mal oor musiek uit die 60’s en 70’s. Dalk omdat ek ’n bietjie van ’n ou siel is! Ek hou ook van Country musiek en folk.” Haar gunsteling musiek aanhaling is die van ene Bruce Springsteen, en lui: “The best music is essentially there to provide you something to face the world with.”