Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Wen een van vier dubbelkaartjies vir Ek ♥ die Vrystaat

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om een van vier dubbelkaartjies vir Ek ♥ die Vrystaat los te slaan!

Dit is amper tyd vir die vierde Ek ♥ die Vrystaat-fees in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.

Feesgangers kan solank 22 September 2018 in hul dagboek merk vir die kuier-van-die-jaar byBains Lodge wat nie misloop mag word nie.

Oudergewoonte kan feesgangers verwag om 12 van die grootste Afrikaanse kunstenaars in die land, asook interessante stalletjies, heerlike wyn en ander drankies, en die lekkerste kos en snoeperye op die platteland by dié geleentheid raak te loop.

“Die idee vir die Ek ♥ die Vrystaat-fees het ontstaan omdat Bloemfontein die mees sentrale punt van ons land is en geen Afrikaanse konserte gehuisves het nie. Soveel paaie loop na en deur Bloemfontein na die res van die land en die Vrystaters was uitgehonger vir hulle eie unieke Afrikaanse fees,” verklap feeseienaar, Leon Pheiffer.

Klik hier om meer te lees.

Jy kan een van vier dubbelkaartjies vir Ek ♥ die Vrystaat losslaan.

Inskrywingsmetode:

Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om een van vier dubbelkaartjies vir Ek ♥ die Vrystaat te wen.

Inskrywingstydperk:

Inskrywings open Maandag, 10 September om 09:00 en sluit Maandag, 17 September om 09:00.

Prys:

Een van vier dubbelkaartjies vir die Ek ♥ die Vrystaat-fees.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna op Afrikaanse Musiek Nuus se webblad aangekondig word.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners is verantwoordelik vir verblyf, sowel as vervoer van en na die fees.

HIERDIE KOMPETISIE HET GESLUIT. DIE WENNERS IS ANTONIE RAS, NATANJA DERCKSEN, LIANA DOLAGO EN BRENDA VAN HEERDEN.