Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

‘Bakenlig’-video regstreeks vrygestel

FOTO: Verskaf

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.  

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Kyk die regstreeke uitsending hier:  

 
Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n  vroeër self. Verskillende avontuurtonele vertel dan die storie van hom en sy hond (die nimlike Staffordshire Terrier, Liela Jones) se wedervaringe.

Die draaipunt kom waar hy vanuit sy gemaklike kantoor opspring, sy weeldemotor inruil vir sy ou bakkie, en terugkeer huis toe. Sy vrou (Su-An Müller-Marais) maak die deur oop en sien weer haar “ou” man wat teruggekeer het. Die man vir wie geld en rykdom nie saakmaak nie.

Bakenlig handel oor die terugkeer na plekke in ons lewe, en die karakter keer dus terug na iemand wie hy eens was,” sê Leon.

Die video is verfilm oor drie dae in Pretoria en Delmas.

Kyk die amptelike musiekvideo hier: