FOTO: @AfrIsGroot Twitter
Op 8 Augustus kan aanhangers die aand om sokkie saam met een van Suid-Afrika se gewildste duetpaartjie, Jay en Lianie.
Dié Bonnie en Clyde van die Afrikaanse musiekbedryf is deel van die Sokkie is Groot-konsert wat in Pretoria aangebied word.
Saam met die geliefde paartjie gaan Dirk van der Westhuizen, Die Campbells, Sunset Sweatshop en verskeie platejoggies seker maak dat jy nie vir een oomblik gaan wil stil sit nie. Boonop gaan konsertgangers na hartelus kan kuier, want die volgende dag is ’n heerlike vakansiedag as Vrouedag gevier word.
Vir hierdie konsert, wat by die Sun Arena gehou word, word daar ook spesiale voorsiening in die lokaal gemaak. ’n Verhoog, reg in die middel van die arena, word opgestel met ’n dansvloer reg rondom wat dit ’n volle 360-grade ervaring sal maak.
Of jy nou sokkie, skoffel, langarm of sakkie-sakkie, jy gaan dit boonop ook kan doen op splinternuwe liedjies van Jay en Lianie wat nog nooit tevore gehoor is nie. ’n Versamelalbum, wat eersdaags op die rakke is, bevat die nuwe snitte.
Pryse en geluktrekkings op die aand is ook iets om na uit te sien. Na verwagting gaan kaartjies vir die kuier-konsert blitsvinnig verkoop, so bespreek dus vroegtydig.
Kaartjies is nóú by enige Checkers/Shoprite-winkels of aanlyn by Computicket beskikbaar.