Site icon Afrikaanse Musieknuus

Super Naweek bied musiek en vermaak vir die hele gesin!

Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika.

Die fees, wat plaasvind by Blythedale Event Bowl op die asemrowende Blythedale Kus- en Eco-landgoed aan die Noordkus van die sonnige KwaZulu–Natal beloof om ’n naweek soos min te wees.

Die fees bied die ideale geleentheid om saam met familie en vriende in ’n veilige omgewing te kan uitspan en boonop so ’n bietjie te kan kaalvoet sokkie terwyl jy vermaak word deur kunstenaars soos Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Emo Adams, Dozi, Die Campbells en Pieter Smith.

Voeg opwindende buitemuurse aktiwiteite is, vermaak en kompetisies vir die hele familie teen ’n Instagram–waardige agtergrond, en dan sal jy verstaan waarom Super Naweek deesdae op almal se lippe is. Die aktiwiteite sluit kampfasiliteite, MTB- & terreinhardlooproetes, sowel as ’n spesiale kindersone in.

TOEGANGSFOOI:

R150 per volwassene per dag en R60 per kind onder 12 per dag (dit sluit toegang tot alle kinder aktiwiteite in). Kaartjies is beskikbaar by iTickets

Kampeerfasiliteite is beskikbaar vir vanaf R450 per dag, langs ’n pragtige, ivoorwit strand. Vir meer inligting, besoek gerus www.eventbowl.co.za of stuur gerus vir ons ’n e-pos aan info@eventbowl.co.za.

AANWYSINGS

Volg die N2 Noord. Neem dan die KwaDukuza/Stanger Blythedale-afrit vanaf die N2. Aan die einde van die afrit, draai regs oor die brug en hou aan bestuur in die rigting van die oseaan. Die afrit na die Event Bowl is ±200m vanaf hierdie N2-brug. Jy sal ’n sekuriteitskantoor by die afrit sien, en daar is ook heelwat padtekens en reklame-borde van die Blythedale Kus-oord. Volg die grondpad na die Event Bowl (dis so ongeveer 4km) tot by die amfi-teater area. Die GPS-koördinate is asvolg: S 29° 21′ 35.2”E 31° 20′ 31.451”

Exit mobile version