Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Bobby en Karlien-produksie binnekort in Pretoria

FOTO: Deon van Wyk

Ná die reuse sukses van Bobby en Karlien van Jaarsveld se produksie In Ons Skoene, by Emperors Place in Kempton Park, maak hul nou ook ’n draai in Pretoria.

Die produksie, wat uniek en slegs vir ’n beperkte aantal vertonings beskikbaar is, word op 3 Oktober in die Rockwood Teater aangebied.

Konsertgangers kan uitsien na verskeie treffers van Bobby en Karlien, ’n paar gunstelinge en ’n intieme blik op hul lewens in die kollig.

Die produksie is 90 minute lank en sluit ’n vyf-stuk orkes in. “Die produksie beloof om konsertgangers op ’n reis in Bobby en Karlien se skoene te neem, en ’n ander sy van hul te ontdek,” sê Wian Smith, organiseerder van die produksie.

“Konsertgangers kan verseker wees om ’n spesiale aand vol verrassings te verwag.”

Beide het reeds diep spore in die vermaaklikheids wêreld getrap. Hulle het al hoofrolle in flieks en musiekblyspele vertolk en natuurlik spog Karlien met die Strictly Come Dancing-troffee en Bobby as een van die The Voice SA-afrigters.

Kaartjies vir die vertoning verkoop reeds soos soetkoek en kan bepreek word deur 012 368 1555 te skakel, of klik hier om jou plek aanlyn te bespreek.