Die gewilde sangeres, Karlien van Jaarsveld, het Sondagoggend ’n geheimsinnige foto in die sosiale netwerk, Instagram gedeel, wat lyk asof sy die knoop deurgehaak het in die stilte.
Sy het by die foto geskryf: “Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê – moet nooit opgee op die liefde nie. Xxx”
Ons kan maar net wonder waaroor hierdie foto gaan.
Karlien het haar verlowing aan haar kêrel, Joe Breytenbach, in September verlede jaar aangekondig.
Karlien en haar broer, Bobby van Jaarsveld is Woensdae om 20:30 op die kassie te sien in die werklikheidsreeks, In Jou Skoene.