Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Watter liedjie was jou gunsteling vanjaar?

2016 was gevul met die lekkerste musiek vir elke oor. Dink nou maar aan treffers soos Skouers vanaf Riana Nel se album Jy Sal Weet, of wat van Bobby van Jaarsveld se Geloof, Hoop en Liefde wat op die Afrikaans is Groot Volume 9 album is.

Dan was daar ook treffers soos Ontwaak vanaf Arno Carstens se Die Aandblom 13. Dié sanger wat hoofsaaklik in Engels sing, se Afrikaanse album het groot opslae gemaak.

Daar was ook nuwe talent op die horison, en treffers soos Gavin Edwards se Sparks, Almur Marais se Sterre Oor Stilfonteinof selfs Vernon Barnard se I Like It That Way van The Voice South Africa-faam het gesorg vir lekker saamsing!

gavin-edwards_jacket3-credit-canton-parker

Die nuweling Jo Black het ook gesorg vir ’n meesterstuk met sy treffer Skepe. Dan was daar treffers deur Leah, Bok van Blerk, RymStoff, Marno van der Merwe, MWAH!, Franja du Plessis, Ruan Josh, Martin Bester, Tussen Sterre en soveel meer.

Maar watter een het uitgestaan?

Ons is opsoek na die beste liedjie van 2016 soos bepaal deur jóú. Vul die vorm hier onder in en laat weet ons. Die liedjie van die jaar word op 31 Desember aangekondig!

Hierdie opname is tans verby, dankie vir jou deelname!